
WAT DOEN ONS
Plante groei, babas groei, alles in die skepping wat lewe groei - dit is 'n proses. As iets nie groei nie, raak dit siek en gaan uiteindelik dood. Dit is net so waar van geestelike groei. As jy nie groei nie, dan raak jy geestelik siek en sukkel om die wonderlike lewe te leef wat God in oorvloed vir jou beloof het.
​
Ons uiteindelike doelwit is om te groei om meer en meer soos Jesus te word. Dit is nie iets wat outomaties gebeur nie - dit is 'n proses.
​
By iConnect gebruik ons die voorbeeld van huisbou. Die bouplan het die Groot Argitek in die Nuwe Testament vir ons geteken. Dit is ook 'n proses.
Eers word fondasies gelê, dan kom die mure en die dak en wanneer die deure ingesit word, is die huis voltooi. Dan is dit leefbaar.

Die iConnect Proses
Jy gaan nie klasse bywoon nie, maar vaardighede aanleer. Soos 'n vakman vaardighede aanleer, gaan jy "hands on training" kry wat jou geskik sal maak om 'n bouer van God se Koninkryk te wees op die klein stukkie van Sy wêreld wat Hy aan jou toevertrou het.
​
So, hoe verloop die proses?

Wat op aarde maak ek hier? Hoekom lewe ek?
Dit is mooier as wat jy dink.

Wat is die dissiplines van dissipels?
Dit is eenvoudiger as wat jy dink.

Wat is my geestelike gawes?
Dit is wonderliker as wat jy dink.

Waar bou ek aan Sy Koninkryk?
Dit is asemrowender as wat jy dink
Wanneer jy Foundations voltooi het en jou Verbintenis verklaring onderteken het, verwelkom ons jou as
'n lidmaat van iConnect Gemeente.
Datums vir die volgende FOUNDATIONS werkswinkel volg binnekort hier
