top of page

WIE IS ONS

iConnect PBO Raad

iConnect gemeente is geregistreer as 'n Public Benefit Organisation (PBO930078139 ). 'n PBO is 'n nie-winsgewende organisasie soos gedefinieer onder Seksie 1 van die maatskappyewet. 

IMG-20250910-WA0006.jpg

Kobus Cloete, Ds. Francois Stone, Dr. Neil van Tonder, Tinus Botha, Leendert Hols

Ons Dominee

Ds. Francois Stone is gebore op Springbok in Namakwaland. Hy voltooi sy teologiese studies aan die Universiteit van Stellenbosch. Van Januarie 1987 tot Februarie 1990 is hy kapelaan van die Duikboot Flottielje van die Suid-Afrikaanse Vloot in Simonstad. Die gemeentes wat hy daarna bedien is die gemeentes Van Riebeeck en Plumstead tussen 1990 en 1997. Francois is die jongste van 4 leraars in die saamgestelde gemeente  van Plumstead en hy word verplig om die gemeente te verlaat omdat daar nie voldoende finansies vir al die poste in die gemeente is nie. 

 

Hy bekwaam homself daarna as makelaar en vestig sy eie makelary, Investor Pensioen & Bellegings Adviseurs, in 1999.

​

Sedert 2009 was hy verantwoordelik vir die Kinder- en Gesinsbediening by Stellenberg gemeente.​ Op 7 Maart 2010 plant hy iConnect.​ Hy is getroud met sy droomvrou, Charlize.

Francois & Charlize.jpg

Wat ons glo

God is meer en groter as wat ons ooit kan dink of droom

In Jesus het God aan ons gewys hoe Hy is : Liefde

Die Heilige Gees leef en handel op ‘n misterieuse wyse in en deur ons

Die Bybel leer ons hoe om te lewe

Ons kan slegs deur genade ‘n verhouding met God hê

Geloofsgroei is 'n proses

Die hemel, die hel en sonde bestaan wel

Die kerk bestaan om mense te dien soos Jesus gedien het

Ons is op reis met ‘n kompas en 'n kaart

Jesus kom weer

Wat ons weet van die kerk

​Jesus het die kerk agtergelaat om aan alle mense, ongeag waar hulle op hulle persoonlike reis met Hom is, liefde, hoop en geloof te gee.… in hierdie volgorde.​ Daarom is die kerk die hoop vir die wêreld.

Die kerk begin by my, met ‘n intieme, persoonlike verhouding met God.

“The church is not a museum for saints. It’s a hospital for sinners.” Ons is nie volmaak nie, maar word steeds verander om aan die beeld van Jesus gelyk te word

Alle mense verlang na ‘n verhouding met hulle Maker, al weet hulle dit nie. Daarom droom die kerk van plekke en ruimtes waar mense God op ‘n intieme, persoonlike vlak kan ervaar.

Die kerk help mense om tot geestelike volwassenheid te groei sodat hulle hul Godgewe vaardighede en gawes ontdek.

Sit klank aan
bottom of page