
ONDERSTEUN ONS
Daar word baie stories vertel oor die Tiende. En ja, enige organisasie, huishouding, onderneming het geld nodig om vir uitgawes te betaal. En ja, daar is beloftes van seën in die Bybel wanneer mense hulle Tiendes gee.
​
Maar wat is die eintlike, die regte rede vir die Tiende? Waarom het God dit nodig geag om dit vir ons te gee? Wat is die doel, die "purpose" van die Tiende?
​
Sodat ons kan leer om Hom te vertrou - dit leer ons om te glo. “The purpose of tithing is to teach you always to put God first in your lives.” Deut. 14:23. Die "put God first" beteken in die oorspronklike teks om "in ag te neem." Hy leer jou om Sy almag en versorging in ag te neem - nie jou omstandighede nie.
​
Wil jy leer om God altydeur te vertrou? Wil jy leer om in alle omstandighede te glo? God het dieTiende gegee om ons te leer om Hom te vertrou. Want as jy dit doen, moet jy Hom vertrou dat jy dit met die 90% sal maak. So leer jy om te vertrou en te glo! Ook dit, is 'n proses.
​
En ja, dan kan jy die beloftes van die "hemelvensters wat oopgemaak sal word" verwag. En ja, jou plek van aanbidding sal versorg wees.
Bank
iConnect Gemeente, FNB, 63024586000, Durbanville (210203)



